"Sprong" deur Erik Levigne

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

In 1922 het die dood jou gevat
74 jaar later is jy weer lewend gevind
In 1422 verander sinvol in pyn
In 2001 bloed aan elke kosyn

Alles is skielik rou afgeskil
Ewige stryd tussen jou dwang en jou wil
Wolke hang laag en reën sif neer
Ek is bly om jou te sien
Maar ek het niks om te deel

Jy stal jouself uit soos `n krans op `n berg
Heeltemal ontbloot aan die noodlot se terg
Reguit jou arms en wind in jou nek
`n Duisend beloftes wat jou sweet af lek

Alles is skielik rou afgeskil
Ewige stryd tussen jou dang en jou wil
Wolke hang laag en reën sif neer
Ek is bly om jou te sien
Maar ek het niks om te deel

Hoe jy ook al voel
Oor jou tyd en jou plek
Gister se spyt
Het reeds tafel gedek.

Alles is skielik rou afgeskil
Ewige stryd tussen jou dwang en jou wil
Wolke hang laag en reën sif neer
Ek is bly om jou te sien
Maar ek het niks om te deel.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top