Sproeireëntjie
(apologie aan ’n Opperman)
Was daar maar vir my
’n nooi in ’n nartjie
en ’n ouma in kaneel,
ja, iemand ... iemand in anys,
dan was ek ’n man van geur!
En as ek ’n nartjieskil
tussen my vingers buig en knak,
breek uit die sproeireëntjie
wat droewig langs my hand uitsak,
die troebel weer van Swartfoloos
en nartjies om my heen
weet ek hoe ’n man kan soek na troos.
O, was daar maar vir my
’n nooi in ’n nartjie
en ’n ouma in kaneel,
ja, iemand ... iemand in anys,
dan was ek ’n man om te eer!
Kommentaar
Baie goed gepen, ek het hom geniet.