Springbokke in die dae toe daar nog helde was

  • 1

Een middag met die aanbreek van lente het my dogter en ek gaan stap. Naby die einde van ons stap loop ons ons vas in Wynand Claassen. Oud-Noord-Transvaalse kaptein – oud-Tukkie en oud-Springbok-kaptein.

Ons het so bietjie gesels en daarna het ons weer ons eie paadjies ingeslaan. Ek vertel toe my dogter die storie van Claassen, sy dae as Bok-kaptein en Noord-Transvaalse agtseman en kaptein. Dit was die dae van helde. Manne wat op die veld kon bloei en alles gee vir die trui waarvoor hulle gespeel het.

Dit het my met verskeie vrae laat stoei. Was ons Bok-spanne in die amateurdae beter as die beroepspanne? Het rugby kommersieel geword om TV-base se winste te laat groei?

Tussen die 1980-Bokspan wat die Leeus gepak het en dié van 2009 was daar ’n hengse verskil. En die amateurspanne was beslis fikser. En beter.

Wynand Claassen is ’n Bok-held. Net so sy ander tydgenote … Burger Geldenhuys, Rob Louw, Hennie Bekker, Theuns Stofberg, Naas Botha, Divan Serfontein, Errol Tobias &hellip

Die vraag is of die beroeps-spelers ook so ’n indruk op menses al maak. Wie onthou nog vir Hannes Strydom of Mark Andrews?

Was dit nie vir TV-werk nie, sou verskeie oud-Bokke ook in die agtergrond verdwyn het.

Tukkies teen Maties. Bulle teen Vrystaat. Bokke teen All Blacks – ek is bly ek het daardie dae op Loftus geniet voor geld rugby regeer het.

In daardie dae was daar nog helde.
Yuri

 

  • 1

Kommentaar

  • Wie onthou nog die volgende:

     
    An All Black stood at the Pearly Gate,
    His face was worn and old.
    He meekly asked the Man of Fate
    Admission to the fold.
    "What have you done," St. Peter asked, "to gain admission here?"
    "I've played against the Springboks, Sir, for many and many a year."
    The gate swung slowly open as St. Pete pressed a bell.
    "Come in and take a harp," said he. "you've had your share of hell."
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top