Sport oppie TV

  • 0

Ek was in 'n stadium van my lewe 'n aktiewe sportaanhanger op die TV. Ek het nie 'n rugbywedstryd gemis nie. Ek het krieket, tennis, hokkie en wat ook al gekyk wat op die TV was.

Ek vang myself verlede week en kyk na die Banyanas. Ek is erg bly hulle wen hul wedstryd en hul teenstanders in die finaal is Nigerië. Ek is ook erg oorstelp hulle is op pad wêreldbeker toe volgende jaar. Ek het toe skoon vergeet om die wedstryd teen Nigerië te kyk en hoor toe hulle het ongelukkig verloor.

Gister deur die dag kyk ek na 'n kanaal wat die oneweredigheid van vergoeding tussen die mans- en damessokkerspanne bespreek. Reusebedrae vir die mans en baie minder vir die dames word genoem. Ek het simpatie. Vanoggend is die agbare sportminister ook op die TV waar sy die spelers op die OR Tambo verwelkom het. Ek hoor so tussendeur die warboel die minister doen 'n beroep op die "private sector to come to the party". 
Ek sit toe by myselwers en dink waarvan praat die persoon nou. Is dit nie sy en haar trawante wat skree of geskree het teen "white monopoly capital (WMC)" nie?

Wat het die borge WMC skielik nou gedoen om nader getrek te word vir hulp? Is daar nie meer geld van regeringskant nie? Hoe werk die dame/departement se denke waar gaan die geld vandaan kom? 

Dit gaan nog te goed. Die land brand.
Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top