Splinternuwe Lux Verbi-kinderboeke: Die avonture van Toby

  • 0

 


Uitgewer:

Lux Verbi
ISBN:
9780796312556
Prys: R85

Splinternuwe Lux Verbi-kinderboeke: Die avonture van Toby!
Candice Argall

Die avonture van Toby in die land van malvalekkers en kakkerlakke is die eerste boek in die Avonture van Toby-reeks.

In die boek het Toby en sy sussie, Janet,  die hele oggend baklei. Met Jesus se hulp onderneem Toby ’n reis na sy hart, maar dan kom hy tot die skokkende ontdekking dat sy hart gevul is met kakkerlakke! Gelukkig is daar ’n wonderlike land van malvalekkers binne sy bereik – al wat hy nou kort, is ’n valskerm en ’n toestelletjie wat Jesus hom gee om haat in liefde om te sit. Toby dink glad nie dis ’n goeie idee om vir Janet lief te wees nie – sy’s immers sy ousus wat hom gedurig boelie. Om alles te kroon sê Jesus vir Toby hy moet Janet se kamer aan die kant maak. Maar wanneer Toby hierdie onselfsugtige daad verrig, kry hy ’n kykie in Janet se hart. En op die ou end sorg ’n netjiese kamer vir vrede in die huis.

’n Pragtige verhaal van malvalekkers en vuurpyle, van liefde en haat en van vrede tussen boeties en sussies.

Oor die skrywer en skepper van die Toby-reeks:

Candice Argall woon in Johannesburg waar sy ’n animasiestudio, Bugbox, saam met haar man bedryf. Sy het ’n BA-graad deur UNISA verwerf en word geïnspireer deur God se skepping en verbeelding, en deur haar seun se verwondering oor alles rondom hom. Sy het aanvanklik by die Video Lab gewerk en 2D en 3D animasie vir advertensie en filmprojekte gedoen, maar na die geboorte van haar eersteling het sy ’n 2D animasiestudio by hul huis begin. Dit is haar passie om kinders deur animasie te onderrig en sy kombineer dit en haar liefde vir God in die produksie van die Toby-verhale op DVD's.

Ook beskikbaar: Die avonture van Toby in die land van reuse-druiwe geskryf deur Stella Steenkamp.

Illustreerders: Leigh-Anne Nel, Irshaad Butler, Sifiso Motaung en Les Ramabula.
Beide boeke ook in Engels beskikbaar.

Sien ook: www.adventuresoftoby.com

Navrae: Elize Parker, Lux Verbi:
021 406 2070; elize.parker@luxverbi.co.za

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die avonture van Toby in die land van malvalekkers en kakkerlakke nou van Kalahari.net.

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top