Die pad word lewendig,
Die oggend vroeg.
Die nag se slaap,
Was genoeg.
’n See van motors,
Bestorm die strate.
Vol robotte, padtekens,
Spoedwal en slaggate.
Verskillende karre kruip,
In ’n reguit lyn.
Sommige groot,
Ander klein.
Almal op pad,
Na ’n plek.
Het die pad,
Vroeg, opgewek.
Die verkeer is druk,
Die baan te min.
Dit is wat,
Spitsverkeer begin.

