Spiritualiteit en die wetenskap

  • 3

Chris “Gilgamesh” Dippenaar se bewering in ’n kommentaar dat Spiritualiteit 'n funksie van die brein is, is ’n begrips- en feitelik fout.

Hy maak ook die stelling dat “die wetenskap” dit só sien? Watter “wetenskap”? Deur wie só vasgestel? Onderwerp aan watter kontroles met wat? Dit is natuurlik ’n wilde stelling wat Chris nie kan staaf nie en is hoogstens ’n sekulêr-agnostiese hipotese, onbewysbaar.

Die verwarring vir hulle is daarin geleë dat die brein die eindpunt is, die kognitiewe sentrum is, waar álle impulse in rou formaat deur die brein omgeskakel word in bruikbare kognitiewe formaat vir die mens in sy fisieke aardse formaat.

Maar die wetenskap beskik nog nie oor toerusting óf kennis om die verskillende spirituele kommunikasies wat as boodskappe deur die brein geïnterpreteer word, te ontleed en te eien nie. Dus, al wat die geheel en al ontoereikende breinfunksie monitor apparaat tans kan vermag, is om aktiwiteit in die brein te registreer – sonder om te “sien” presies wat dit is. Baie spirituele kommunikasies, soos byvoorbeeld die bekendste daarvan, naamlik inspirasie, is nie fisies waarneembaar nie maar mag later fisiek manifesteer wanneer die mens daarop sou reageer om ooreenkomstig sy inspirasie te begin optree.

So ook met drome – die breinaktiwiteit word geregistreer, maar daar bestaan géén wetenskaplike metode om te differensieer nie – dus sal die monitor nie kan onderskei of die droom ’n nagmerrie is, of ’n gewone droom, of ’n Spirituele kommunikasie, nie – ongelukkig vir die witjassies is daar nie leesbare etikette op wat die aard en oorsprong aandui, soos wat Craig J Venter met sy sel met ’n gesekwenseerde sintetiese genoom, gemaak het, nie…

Wat absoluut verstommend is, is dat die agnostici nie dié dinge besef nie, wat dui op verbasend intensiewe gebrek aan enige wetenskaplike insig, en indien hulle dit wél besef, is hulle vooroordeel só ingrypend dat hulle nie bereid is om hulle tekortkominge te erken nie – beide ewe swak. En deabiliterend.

Die gelowige is egter in staat om presies te onderskei tussen normale breinaktiwiteit wyl die brein sy kognitiewe funksies verrig en wanneer daar Spirituele aktiwiteit, is.

Dus, die verbasend onkundige en insiglose kommentaar wat Chris, naamlik dat, “gegewe” die algehele afwesigheid van bewyse van die bonatuurlike buite die menslike brein, en die toepassing van Occam se lem, die “skepping” van God(sdiens) as breinfunksie baie meer sin (vir julle) sou maak.

Die probleem met só ’n hipotese is ooglopend – daar kán eenvoudig nie as ’n “gegewe” gepostuleer word dat die Bonatuurlike afwesig is, dus nie buite die menslike brein bestaan weens die gebrek aan bewyse, nie – omdat hierdie gebrek aan bewyse vierkantig voor die deur van die wetenskap gelê staan te word.

Die wetenskap wat dit moes kon vasstel of bepaal of toets, is, vir die redes hierbo deur my genoem, só ontoereikend, dat só ’n gevolgtrekking nie gemaak kán word, nie, sodat dit uiters onverantwoordelik en onwetenskaplik is, om só te postuleer, of selfs te verhipotekeer en dan nog boonop baie, oorweldigend baie, getuienis van mense wie dit ervaar en beleef, te ignoreer. – op ’n wyse wat onmoontlik deur die brein self verrig kon word, byvoorbeeld, profetiese insig in feite wat hoegenaamd nie binne die verwysingsraamwerk van die betrokke persoon wie dit ervaar, bestaan het, nie en dan later deur blootstelling bevestig word as korrek te wees.

Die probleem is die onkunde van die agnostikus, wat dan te werk gaan soos Chris demonstreer.

Onkunde, gebonde denke, vooroordeel en gepaardgaande insigloosheid, nie net in die vermoëns en ervaring van ander nie, maar ook in hul eie onvermoëns, is die agnostikus se voldonge ondergang en dit is skandelik.

Kobus de Klerk

  • 3

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Huh, boggem, wat gaan aan! Ek lees, maar verstaan nie; ek kyk,maar ek sien nie; ek luister maar ek hoor nie ! Ek weet niks! Ek verstaan niks, Duh, Duh, Duh...

  • "Maar die wetenskap beskik nog nie oor toerusting óf kennis om die verskillende spirituele kommunikasies wat as boodskappe deur die brein geïnterpreteer word, te ontleed en te eien nie."

    Jy maak sommer 'n stelling en dan dink jy dit moet deurgaan vir die waarheid. Oppas, moenie ons onderskat nie. Ons besit juis die toerusting en die kennis om presies te weet wat in iemand se brein aan die gang is. Sommer so sonder apparaat kan ek al agterkom dat daar slinksheid en sluheid in jou brein is.
     
  • Kobus de Klerk

    Fantasties!

    Kyk na die protosoon-subnormale intelligensievlak van die ouens van wie ek praat,  hier gedemonstreer.

    G'n wonder hulle kekkel soos hul doen, nie...

    Maar wag, daai apie Chrissie kan al assosieer - deur repetisie kan hy al voor die spieel staan, en dan assosieer wat hy van homself gehoor  het, ook deur repetisie - en  papegaai hy, want hy kan mos nie self dink nie, maar tog - hy kan al 'n eenvoudige assosiasie maak.

    Angus is nog ver van daardie vlak af - hy is te oud, ook, al daarmee heen.

    Kobus de Klerk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top