Spil soek

  • 0

Miskien slaap die spirale nog,
draai inkennig om in hul drome

en bring, in kosmiese wenteling,
wêrelde voort waarin ek skulpe

kan optel soos dié een en skoon
skud onder 'n duin waar wind,

gekom uit wind se streke dit
soms oopwaai en soms toe.

Ek sit dit teen my oor en luister,
skulp teen skulp, na die skepping.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top