Spiere ...

  • 0

Die foto wat op SA-Transport se webblad verskyn vertel sy eie verhaal.

Dit vertel die verhaal van spoed, krag en die dae toe stoomlokomotiewe hul pad deur die Karoo gevleg het. In dien jy op die grootpad was, kon jy doer ’n rookwolk sien trek – en weet – daar gaan ’n trein. Treinspotters sou presies weet watter trein dit is en waarheen dit op pad was …

Vir die fynproewers – let op die talle sinjale. Die soort is met die hand bedryf. Wanner jou trein naby ’n sinjal stilgehou het, en jy was gelukkig, kon jy hoor hoe dit met ’n klap-slag wissel.

Terloops, was dit dalk Kimberley se laaste stoomtrein. Want dit stoom nie meer by Beaconsfield nie ...

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top