1. Inleiding
Belangrike uitgangspunte van die evolusionistiese denkrigting word in hierdie mededeling onder die loep geneem. Die bespreking van fisiologiese aspekte van lewende wesens val buite die bestek van hierdie (fenomenologiese/metafisiese) artikel. Dit blyk dat die evolusioniste se teorie goed geformuleer en geïllustreer is. Die toepassingswaarde daarvan word in verskeie opsigte skitterend uiteengesit en verduidelik, veral in soverre dit byvoorbeeld op veeteelt aangewend word.
By ontleding van die anatomie en fisiologie van selfs ’n klein verskeidenheid bestaande lewende organiese stelsels (mikroskopies), sowel as die strukture van die wêreld se groter interplanetêre samevoegings (makroskopies) en fisika, is dit duidelik dat ’n almagtige opperwese elke bestaande fenomeen binne en buite die planeet aarde gemaak het en oor tyd onderhou.
Nie alleen handhaaf hierdie skepper die bestaan van elke wêreldse lewende wese nie, maar onderhou Hy alle lewe en hemelse (galaktiese) aktiwiteite en verhoed Hy skielike of onmiddellike totale ineenstorting van alle of besondere stelsels (meteoriete wat die aarde tref). Dit kan dus aanvaar word dat voortdurende interplanetêre chaos in Darwin se tyd én die hede sou heers, was dit nie vir die bestaan van ’n almagtige skepper nie.
Beskou vanuit ’n mikrosienswyse, is alles wat bestaan (lewend of nie-lewend, insluitend die menslike liggaam en elke deel daarvan), saamgestel uit atome wat gerangskik is in groter strukture wat as molekules bekend staan: “Atome en molekules volg die reëls van chemie en fisika, selfs wanneer hulle deel uitmaak van komplekse, lewende, asemhalende wesens” (3).
My persepsies en sienings oor Charles Darwin oor die jare en meer onlangs is deurdrenk met allerhande emosies, konflik, ambivalensie en soms selfs vyandigheid. My ma het altyd vertel hoe lekker dit vir haar was om vars tamaties in die tuin te staan en eet met ’n soutpot in die een hand. Haar agterkleinkind Sophia (1) is net so gek na vars tamaties en het by geleentheid een van haar ouma se kersietamatiebome binne ure gestroop van al die rypes. Hierdie verskynsel en verskeie ander wat ek in die familie oor die jare waargeneem het, was van die paar positiewe assosiasies wat ek van Darwin en die evolusioniste aanvaar het. Die meeste evolusie-uitgangspunte, tydens my verkenning van die teorie, het soms woede by my ontlok, soms vyandigheid en soms bejammering.
Darwin se vrou Emma was bekommerd oor sy beeld as ’n ateïs en sommige van haar afstammelinge soos Nora Barlow het die volgende uit sy outobiografie verwyder: “Maar ek het geleidelik teen hierdie tyd besef dat die Ou Testament(e) klaarblyklik vals geskiedenis van die wêreld weergee, met die toring van Babel, die reënboog as teken, ensovoorts, ensovoorts, en dat die uitbeelding van God as ’n wraaksugtige tiran meer vertrou (moes) word as die heilige boeke van die Hindoes of die oortuigings of woorde van enige barbaar” (1). (Hierdie woorde is deur sy seun Francis uit sy outobiografie verwyder.)
Nadat hy die Ou Testament betwis het, het Darwin die evangelies verloën. Hierdie verlies aan geloof is gebaseer op verskeie faktore, insluitend sy verwerping van wonderwerke: “Hoe meer ons weet van die vaste natuurwette, hoe meer ongelooflik word wonderwerke”; sy verwerping van die geloofwaardigheid van die evangelieskrywers: “Die manne van daardie tyd was onkundig en ongeloofwaardig en tot ’n mate amper vir ons onbegryplik”; sy verwerping van die evangeliechronologie: “Dit kan nie bewys word dat die evangelies gelyktydig met die gebeure geskryf is nie”; en sy verwerping van die evangeliegebeure: “Hulle verskil in baie belangrike besonderhede (opsigte), veels te belangrik, soos dit vir my gelyk het, om erkenning te verdien (soos) die gewone onakkuraathede van ooggetuies” (2).
Een van Darwin se ondersteuners, Julian Huxley, het die volgende in sy boek getiteld Godsdiens sonder Openbaring(2de uitgawe, 1957:33) geskryf: “Evolusie is die kragtigste en mees omvattende idee wat nog ooit op aarde ontstaan het.” Later in die boek het hy passievol aangevoer dat ons “ons patroon van godsdiens moet verander (van ’n) Godgesentreerde (patroon/waardesisteem) na ’n evolusiegesentreerde (waardesisteem)” (34). Hy gaan voort: “Die God-hipotese [...] word ’n intellektuele en morele las op ons denke.” Daarom het hy tot die gevolgtrekking gekom dat “ons iets moet bou om sy plek in te neem.” 35” (2)
Beskou vanuit ’n mikrostandpunt (wat elke deel van die menslike liggaam insluit) is alles wat bestaan (lewend of nie-lewend), saamgestel uit atome wat gerangskik is in groter strukture wat molekules genoem word: “Atome en molekules volg die reëls van chemie en fisika, selfs wanneer hulle deel uitmaak van komplekse, lewende, asemhalende wesens” (3).
2. Sleuteluitgangspunte van Darwin se teorie
2.1 Die mens en sjimpansee het ’n gemeenskaplike aapvoorouer
“Ons deel wel ’n gemeenskaplike aapvoorouer met sjimpansees. (Hulle) het tussen ses en agt miljoen jaar gelede geleef” (4).
2.2 Aanpassings is spesifieke eienskappe wat ’n organisme help om in sy habitat te oorleef
“’n Aanpassing kan struktureel wees, wat beteken dat dit ’n fisiese deel van die organisme is. ’n Aanpassing kan ook gedrag wees, wat die manier is waarop ’n organisme op sy omgewing reageer. ’n Voorbeeld van ’n strukturele aanpassing is die manier waarop sommige plante aangepas het by die lewe in droë, warm woestyne” (5).
2.3 Die rol van oorerwing
“Dit (oorerflikheid) bepaal watter eienskappe van ’n ouer na die (volgende) geslag oorgedra word. Suksesvolle eienskappe word meer dikwels geërf en verander (binne) spesies met verloop van tyd. Veranderinge in eienskappe laat ’n organisme toe om by ’n bepaalde omgewing aan te pas en toe te neem. Deur oorerwing kan variasies tussen individue ophoop en spesies in staat stel om deur natuurlike seleksie te ontwikkel” (6).
Die verskynsel van oorerwing is waarskynlik waar Darwin een van die basiese idees gekry het vir sy evolusieteorie.
2.4 Natuurlike seleksie is ’n vereiste vir die oorlewing van die individu
In ’n artikel getiteld “Wat op aarde?” word natuurlike seleksie as volg gedefinieer: “In natuurlike seleksie word genetiese mutasies wat voordelig is vir ’n individu se oorlewing, oorgedra deur (middel van) voortplanting. Dit lei tot ’n nuwe generasie organismes wat meer waarskynlik (sal) oorleef om (later) voort te plant” (7).
Die skrywer gaan voort: “Byvoorbeeld, die ontwikkeling van lang nekke het kameelperde toegelaat om te voed op blare wat ander nie kan bereik nie, wat hulle ’n mededingende voordeel gee. Danksy ’n beter voedselbron kon diegene met langer nekke oorleef, reproduseer en dra (hulle) daardie eienskap aan die opvolgende geslag oor. Diegene met korter nekke en toegang tot minder kos sal minder geneig wees om te oorleef deur hul gene deur te gee (oor te dra)” (8).
2.5 Natuurlike seleksie is ’n meganisme van evolusie
Natuurlike seleksie is ’n meganisme van evolusie. Organismes wat meer aangepas is by hul omgewing, is meer geneig om te oorleef en slaag (voortbou) op die gene wat hul sukses (aan) gehelp het. Hierdie proses veroorsaak dat spesies aanpas en met verloop van tyd verskil (verander) (9). Volgens professor Adrian Lister van die Museum of Natural History kan natuurlike seleksie as volg gedefinieer word: “In natuurlike seleksie is genetiese mutasies voordelig vir die oorlewing van ’n individu (wat deur middel van) voortplanting oorgedra word. Dit lei na ’n nuwe generasie organismes wat meer geneig is tot oorlewing en voortplanting” (10).
2.6 Noodsaaklike fisiese vereistes vir die bestaan en oorlewing van organismes (lewende selle)
Die volgende is nodig vir lewende selle om te lewe, insluitend LUCA, Darwin se eensellige organisme waaruit alle lewe sou ontstaan het. Die skrywers van ’n artikel getiteld “Seloorlewing” beskryf die vereistes vir ’n sel om te oorleef as volg: “Selle bestaan binne ’n vloeistof wat voedingstowwe bevat, insluitend water, suurstof, glukose en aminosure. Die voedingstowwe wat die sel benodig, moet oor die selmembraan beweeg” (11).
2.7 Noodsaaklike bronne vir lewe
Alle lewende selle, insluitend dié een wat deur Darwin geskep is, kan slegs groei/oorleef in ’n omgewing met optimale toestande, naamlik ’n gebied met ’n geskikte atmosfeer en organismes soos:
2.7.1 Diatome
“Diatome is ’n soort alge wat tipies volop in mariene en varswater-ekosisteme is. Hulle het anorganiese selwande wat uit silika (glas) bestaan. Diatome groei meestal in water, hoewel hulle ook aan substrate kan heg. Wanneer diatome sterf, sit hulle op die bodem van die waterkolom en versamel in sedimente [...]. Aangesien diatome kan fotosinteer, skakel hulle opgeloste koolstofdioksied om in die water in suurstof. Hulle is ’n primêre voedselbron vir hoër organismes in die voedselketting, soos ongewerwelde diere en klein vissies. Diatome speel ook belangrike rolle in die energie- en voedingstofsiklusse van waterbronne” (12).
Feitelike gevolgtrekking: Diatome moes dus in die LUCA-tydperk bestaan het om suurstof te produseer vir hierdie eensellige wese om te oorleef.
2.7.2 Alge
Die funksie van alge kan soos volg gedefinieer word: “As outotrofiese organismes skakel alge water en koolstofdioksied om tot suiker deur die proses van fotosintese. Fotosintese genereer ook suurstof as ’n neweproduk, wat bydra tot die oorlewing van visse en ander waterorganismes” (13).
Feitelike gevolgtrekking: Alge is in werklikheid pragtig gestruktureerde mikro-organismes. Hulle kan beskou word as manjifieke mikroskopiese laboratoriums. Alge sou nodig gewees het om dit moontlik te maak vir enige sel (insluitend LUCA) om te oorleef.
2.8 Die bestaan en toepassing van intellektuele prosesse
Dit is redelik om na natuurlike seleksieprosesse as sodanig te verwys, maar wat nie weggelaat moet word nie, is die kognitiewe prosesse wat met die meeste lewensvorme geassosieer word. Vir ’n lewende wese om doeltreffend te selekteer is verskeie basiese kognitiewe vermoëns nodig, insluitend:
- visuele waarneming en integrasie;
- driedimensionele persepsie;
- geheuefunksies;
- dieptewaarneming;
- probleemoplossing;
- logika;
- abstraksie/abstrakte redenasievermoë; en
- beplanning.
Feitelike gevolgtrekking: By diere is sekere intellektuele funksies ook deurslaggewend in terme van oorlewing en die maak van keuses. Byvoorbeeld, sekere fundamentele vermoëns wat benodig word vir optimale jagprestasie deur die visarend (soos diepteskatting/dieptebepaling, afstandsbepaling, duikspoed, vlieg en kloukoördinasie-funksies) en sulke aangebore vermoëns moes beskikbaar wees ten einde lewende wesens in staat te stel om ten minste waar te neem, te onthou en te redeneer. Dus, om te oorleef moet elke organisme die neurologiese samestelling hê om te kan dink en redeneer. Hierdie fakulteite moet teenwoordig wees en neurologies “geprogrammeer” wees, aangesien hierdie basiese fakulteite noodsaaklik is vir doelgerigte gedrag, insluitend seleksie.
As kognitiewe (intellektuele) vermoëns afwesig was, sou lewende wesens opgetree het soos zombies voor die koms van seleksie. Wesens sou doelloos rondgedwaal het, nie hul eie spesie herken het nie, voortdurend omgekantel het (afwesigheid van balans) en herhaaldelik teen versperrings vasgeloop het.
2.9 Die bestaan van plasma (sonenergie) voor en tydens die ontwikkeling en begin van die Darwin-kalender
Volgens ’n onlangse studie, getiteld “Die uitwerking van temperatuur op sellulêre fisiologie”, blyk temperatuur ’n belangrike rol te speel in terme van selsamestelling en -funksionering: “Temperatuur beïnvloed biologiese stelsels oor alle lengte- en tydskale. Selle en die ensieme (wat daaruit ontstaan) reageer op temperatuurskommelings op kort tydskale, en temperatuur kan proteïenvouing, die molekulêre samestelling van selle en volume-uitbreiding beïnvloed. Hele ekosisteme vertoon temperatuurafhanklike gedrag en aardverwarming dreig om termiese homeostase in mikrobes te ontwrig wat belangrik is vir menslike en planetêre gesondheid” (14).
Feitelike gevolgtrekking: Darwin se eerste lewensvorm moes aan ’n spesifieke temperatuur (hitte) blootgestel word om te oorleef. Hierdie tipe warmte moes optimaal gereguleer word vir groei, soos dié wat net deur die son voorsien kon word.
2.10 Die bestaan van die aarde, materie en fisiese prosesse sou noodsaaklik wees vir die ontwikkeling van die eerste lewensvorm soos deur Darwin gepostuleer
Feitelike gevolgtrekking: As die wêreld nie in sy huidige vorm bestaan het toe Darwin se eensellige wese ontstaan het nie, sou die ontwikkeling van hierdie wese nie moontlik gewees het nie, weens ’n gebrek aan lewensondersteunende stelsels soos die volgende:
2.11 Die bestaan van tyd, seisoene en kronologiese verskynsels
’n Belangrike element van evolusionêre teorie is die verskynsel van tyd, seisoene en jaartye. Dit was noodsaaklik vir die oorlewing en ontwikkeling van enige spesie (insluitend Darwin se eensellige wese). Hierdie chronologie-sikliese verskynsel moes gefunksioneer het vóór die begin van die evolusionêre kalender.
Feitelike gevolgtrekking: Die wêreld soos dit tans funksioneer met sy sonnestelsel, buitenste ruim en hemelse bewegings moes reeds bestaan het toe Darwin se eerste lewensvorm die lig van dag ondervind het.
2.12 Die bestaan van bepaalde voedingstowwe
Waarvan leef selle? Die antwoord is eenvoudig: ander selle. “Die proses van sellulêre eetgedrag, of die fagositiese insluk van een sel deur ’n ander, is ’n antieke manifestasie van die stryd om die lewe self. Na aanleiding van die endosimbiotika-oorsprong van eukariotiese selle is verhoogde sellulêre en dan meersellige kompleksiteit vergesel deur die opkoms van outofage meganismes vir selfvertering. Heterofagie en outofagie funksioneer nie net om die voedingstatus van selle te beskerm nie, maar ook as verdedigingsreaksies teen eksterne mikrobiese patogene of die nadelige effekte van interne beskadigde proteïene en organelle. As gevolg van die sleutelrolle gespeel deur fagositose en outofagie in ’n wye verskeidenheid van akute en chroniese menslike siektes, het patoloë soortgelyke sleutelrolle gespeel in die toeligting van basiese regulatoriese fases vir beide prosesse. Studies in diverse orgaanstelsels (insluitend die brein, lewer, niere, longe en spiere) het sleutelrolle vir hierdie lisosomale weë gedefinieer in infeksiebeheer, seldood, inflammasie, kanker, neurodegenerasie en mitochondriale homeostase” (15).
Feitelike gevolgtrekking: Darwin se eensellige wese sou moes eet om te oorleef. Die vraag ontstaan dan: Wát moes dit eet om te oorleef? Dit is duidelik dat (bestaande) selle beskikbaar moes gewees het op daardie tydstip.
2.13 Die bestaan van ’n klankspektrum
“’n Aantal eksperimente het getoon dat klank ’n impak op sellulêre aktiwiteit kan hê, maar verduidelikings is ontwykend. Studies het meganiese interaksies en ossillasies in sellulêre stelsels gevind wat waarskynlik deur klank verander sal word” (16).
Feitelike gevolgtrekking: Klank het ’n effek op sellulêre sisteme en ook op selle. Klank sou dus nodig gewees het vir die verandering en optimale ontwikkeling van Darwin se eensellige organisme.
2.14 Die bestaan van lig en ’n kleurspektrum
“Plante en ander fotosintetiese organismes is kundiges in die versameling van sonenergie, danksy die ligabsorberende pigmentmolekules in hul blare... Soos dit blyk, word van die ligenergie wat deur pigmente in blare geabsorbeer word, omgeskakel na 'n ander vorm: chemiese energie. Ligenergie word omgeskakel na chemiese energie tydens die eerste fase van fotosintese, wat 'n reeks chemiese reaksies behels wat bekend staan as die ligafhanklike reaksies” (17).
2.15 Die bestaan van swaartekrag
“Veranderinge in waarde en rigting van swaartekragvektore is gevind (rond)om die morfofisiologiese kenmerke van selle: strukturele organisasie (ruimtelike) herrangskikking van die intrasellulêre komponente (veranderinge in vorms, groottes en hoeveelheid selle) en funksionele aktiwiteit (veranderinge in energieverbruik en intensiteit van intrasellulêre metabolisme)” (18).
3. Opsomming
3.1 Teoretiese beperkings en ontoereikendheid
Die volgende afwykings in die evolusieteorie moet ernstig toegelig word en aandag ontvang:
- Die teorie moet voorsiening maak vir en fokus op kragte wat verantwoordelik is vir die “Big Bang”-effekte;
- die teorie moet meer eksplisiete detail verskaf oor sy sienings rakende die teenwoordigheid van fasiliteerders van die lewe voor en tydens die voorkoms van LUCA;
- bewerings deur sommige teoretici kan ander se geestelike waardes skend;
- die teorie moet verduidelik waarom die mens nie in staat is om sekere bestaande natuurlike strukture en prosesse te dupliseer nie en watter entiteit dit ook al sou kon doen.
Sommige evolusie-protagoniste is duidelik in ontkenning met betrekking tot die bestaan en krag van ’n almagtige skepper. Die teorie is vanweë sy aard reduksionisties, aangesien dit ’n afgewaterde, verarmde beeld van ’n wonderbaarlike wêreld en kosmos bied. Die kampioene van die evolusie-denkrigting stroop die menslike bestaan en omgewing van die noodsaaklike kwaliteite van lewe en estetika wat bydra tot die rykdom van die menslike omgewing: geskiedenis, agtergrond, kreatiwiteit, intelligensie en die talente wat elke mens beskore is vanaf die begin van die wêreld. Oorvloed, harmonie en vrede is binne bereik van almal wat erkenning hieraan gee en uitreik na en nou leef saam met God tydens ’n aardse bestaan. Hulle sal in die volgende realiteit vrede ontvang wanneer onbeskryflike kalmte uiteindelik hierdie aardse bestaan, dag na dag afwagtinge en soeke ver oortref.
Bronverwysings
1. https://christiananswers.net/q-aig/darwin.html#unanswerableauthority
5. https://education.nationalgeographic.org/resource/adaptation-and-survival/
6. https://byjus.com/question-answer/what-is-the-importance-of-heredity/
7. https://www.nhm.ac.uk/discover/what-is-natural-selection.html
8. https://www.nhm.ac.uk/discover/what-is-natural-selection.html
9. https://www.nhm.ac.uk/discover/what-is-natural-selection.html
10. https://www.nhm.ac.uk/discover/what-is-natural-selection.html
11. https://www.nhm.ac.uk/discover/what-is-natural-selection.html
12. https://www.epa.gov/national-aquatic-resource-surveys/indicators-sediment-diatoms
13. https://www.epa.gov/national-aquatic-resource-surveys/indicators-sediment-diatoms
14. https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/35534014/
Kommentaar
Retro-virusse wat miljoene jaar bestaan sit ingebou op ons DNA op presies dieselfde plekke as in ander diere en die patroon kom voor tot by organismes wat tot 100 miljoen jaar gelede geleef het. Daar was dus 'n lewende werweldier langer as dit gelede wat ons ouma was. Dit is ons stamboom wat duisende geslagte terug wys, een of ander viervoetige gediertetjie.
Sekere aanhangers van die evolusieteorie is wel atiëste, dit is hul eie siening en is nie deel van die evolusionêre teorie nie. Die evolusieteorie ontken nêrens die bestaan van God nie, maar gee die prosesse, wat deur die milenia plaasgevind het, weer. In die Ou Testament word daar duidelik gesê dat God die heelal, aarde en alles daarop geskape het (en instandhou). Die geskrifte sê derhalwe wie is verandtwoordelik en in beheer. Die geskrifte sê egter nie hoe die skepping plaasgevind het nie. Daar is derhalwe geen teenstrydigheid tussen die fisiese en biologiese prosesse wat oor millenia plaasgevind het en die geloof in 'n Opperwese wat skep nie. Jou geloofsiening is jou keuse en het niks met evolusie te doen nie. As 'n gelowige wetenskaplike, wat in een God en Verlosser glo, is dit vir my jammer dat die evolusieproses gebruik word om polarisasie te skep. As mens daaroor dink, is dit 'n wonderlike "werktuig" waarmee die Skepper kan skep.
Eintlik is daar niks snaaks aan Evolusie nie. Dit is bloot maar net ‘n natuurverskynsel, soos bv. Swaartekrag. Daarom bestaan daar nie iets soos evolusioniste of ‘n evolusionistiese denkrigting nie. Net soos daar nie swaartekragiste met ‘n swaartekragistiese denkrigting nie.
Evolusie beteken verandering, en dit is juis die verandering wat betrekking het op lewe, wat hier ter sprake is. Dis nie die evolusie van die motorkar, of die vliegkuns nie, dis die evolusie van die lewe wat so ‘n doring in die Christelike vlees is.
Evolusie is al voorheen waargeneem, maar dit was eers Darwin wat sy studie daarvan te boek gestel het, dat die herrie begin losbrand het. Hierdie boek, On The Origin Of Species, die teorie van Evolusie, het gebots met dit wat in die Bybel staan, en soos ons almal weet, wat nie ooreenstem met die Bybel nie, is vir die Christen verkeerd.
Aanvanklik het dit bekend gestaan as Darwin se evolusieteorie, maar intussen het die Evolusieteorie self ook geëvolueer. Darwin het baie dinge nog nie geweet, nie en soms maar net voorspel. Hy het bv niks geweet van die menslike genoom se volgorde nie. Die Evolusieteorie is vandag net die Evolusieteorie, nie Darwin se Evolusieteorie nie. Net soos die Swaartekragteorie nie Newton se swaartekragteorie is nie, maar bloot net Swaartekragteorie. So, los nou maar vir arme Darwin, hy is lankal onder die kluite.
Na ‘n lang stryd het dit duidelik geword: Evolusie is so waar soos ‘n koei. Chistenwetenskaplikes en nie-wetenskaplikes het dit ook begin bestudeer en begin begin besef: daai piesang is nie deur God gemaak sodat hy maklik in die hand pas en geëet kan word nie. Dis mensgemaak en buitendien, wat nou van die turksvy en die pynappel? Evolusie met evolusieteorie is nou aanvaar selfs deur die Roomse kerk. Tog ook maar met ‘n kinkel. Gelowiges verkondig nou dat Evolusie die manier is waar op ‘n Intelligente Wese, of God van daar bo die lewe skep en beheer. En daar lê die kinkel: hoe geleerd gelowige wetenskaplikes ookal mag klink, dit kan nie beswys word nie. En as jy in die wetenskap iets nie kan bewys nie, word dit by die deur uitgesmyt.
Nog so ietsie oor Evolusie: dit hoort tot die Biologie. Dit het net te make met lewe op aarde en die verandering dmv natuurlike en kunsmatige seleksie, nie met Big Bang nie, nie met die ontstaan van lewe op aarde nie, nie met olifante wat muise baar nie, nie mense wat van ape afstam nie. Evolusie is ‘n natuurverskynsel, en die beskrywing daarvan is die Evolusieteorie. Evolusie het bokkerol om te verduidelik, so ook die teorie daarvan.
Ateïsme en Evolusie het ook niks met mekaar te make nie.
Groete