speelveldg’lykheid

  • 0

’s Eerste Mens van vroeg af, m’t blinkgoed verraai,
op g’n werf ooit ’n haan wat oor volksmoord kraai,
moes Eerstes al vir eeue vernedering, pyn, ontbeer,
wil inkommers nie vanself, uit geskiedenis, iets leer

vryheidsvegters’t egter nie fatalisties, nod’loos g’stry,
al’t hul nag’slag noggie volle g’regtigheid, mooi, g’kry,
indigeen t’erg blootg’stel aan kapitaalstruktuurg’weld,
slaaf op voorouergrond, inne myn, diep onner jagveld

al’s Eerste Mens momenteel, deur inkommer verslaan,
al word leiers versoek, submissief, stil, daarby t’b’rus,
asof “beskawing”, via skip, inkommerlik, hier g’bring is,
kom onkund’-ontkenningstudent glattie naby v’rstaan

struktuurg’weld’s superrevisionisties, papsaklik-beleë,
neo-kapitaalpaparazzi, toenemend sku-skamer verleë

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top