Speel-speel
Ek persoonlik dink ons maak te veel
van die lewe wat ons leef
Ons moet dit speel
want dis 'n spel van goed en kwaad
Van liefde en mense wat mekaar bly haat
En êrens tussen oorlog en geloof
Is ons utopia, "die land aan ons beloof"
Die spel van lewe is soos skaak
mens gaan altyd 'n skuif moet maak
Al kan jy nie, al sukkel jy
Jy sal altyd ? plek op die bord kry
Ek persoonlik dink ons drink te veel
van die welvaart wat ons het
Ons moet dit deel
Daar lewe mense in armoede op die straat
Mekaar met messe steek uit pure haat
en êrens tussen misdaad en geloof
Is ons utopia, "die land aan ons beloof
Die spel van lewe is soos skaak
mens gaan altyd 'n skuif moet maak
Al kan jy nie, al sukkel jy
Jy sal altyd ? plek in die son kry
Jy's met die kaarte wat jy speel, gedeel
maar jy kry nie die lewe getroef nie
Die lewe raak net een te veel
Ek voel ek het nie meer een vas skroef nie


