"Soveel" deur Renette Meyer

  • 0

Soveel

Wandelings deur die lewe
Afgesny en alleen gelos
Agter ? masker vasgevang
Is dit wat liefde kos?

REFREIN:
Soveel dade sonder sin
Soveel woorde sonder aksie
Soveel seer sonder heelmaak
Alles vir goedkoop satisfaksie

Soms skyn die son vir my
en deur die donker kan ek sien
? Paadjie na die hemelland
en ek wonder of ek dit verdien

Maar dan verskiet my ster
en ek verloor die pad alweer
Dis so moeilik om te kruip
op ? pad van hart en seer

REFREIN

Die einde van nog ? begin
Hoop se vlam wat gou uitbrand
en ? stille kreet van binne
Met my hart in my hand

Verlange is net ? nota in die hart
Van ? tyd net buite realiteit
En dit maak dit so onmoontlik
om te kan skei van fiksie en feit

En alles voel soos ? droom
Niks is waar en niks is eg
Geen vrese oor in my
omdat alles voel net reg

Skielik word ek wakker
Dis nog ? dag wat begin
En met ? nuwe son
maak alles tog weer sin

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top