Gedig: Soutrivier

  • 4

Bron: www.panoramio.com

Doeke toegedraai
oor die gat.
Kolskoot.

Dissekteer ek jou.

Inkubasiepype in jou mond.

Hoor ek jou koggellag.
Die haan se kraai,
drie maal vannag.

Die beeld van jou gesig aan skerwe,
soos jou organe na die skoot,

In Soutrivier se kamer.

My hart omklem
'n kardiale tamponade

in Soutrivier se kamer.

Verbalsemde.
Lê doeke eenkant.
Die lap oor jou gesig.

  • 4

Kommentaar

  • Laetitia Weyers

    In my onkunder kom ek toe af op jou gedig Willanie. In jou nederigheid het jy BAIE verskuilde talente waarvan baie van ons nie weet nie. Well done!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top