Sosiale vaardighede

  • 4

Noem my wat jy wil. Ou skool, uit die oude doos (ek is 'n laatlam), agter die tyd of wat ook al. Ek glo aan goeie maniere en etiket. Wat vir my opvallend is, is dat mense dit deesdae nog selde sien. Wat gaan aan met die mense? Is dit verkeerd om iemand met waardigheid, menslikheid en respek te behandel.

Ek sê nog steeds, naas die minibus-bestuurders in ons land is die volgende lot nie ver agter nie. Die mammies in hul nutsvoertuie. Gaan kyk hoe bestuur mammie naby die skool waar boet en sus afgelaai word. Pappies in hul 4x4 of nutsvoertuie. Gaan kyk waar parkeer pappie en wanneer gaan hy jou verby om net voor jou in te druk. Jong latte in hul "warm" blitsbukse. Dit is die "jaagduiwels". Nuwe bestuurders.

Openbare optredes hetsy in 'n winkelsentrum, sportgeleentheid of in die algemeen. Ek maak nou die dag 'n deur vir iemand oop. Ek verwag nie 'n skriftelike bedanking of fooitjie nie. Net 'n kopknik of mompel wat soos 'n dankie klink sou voldoende wees. Ek het summier daarmee opgehou. Ek stap deesdae voor dames by deure in en uit. Ek staan ook nie meer my sitplek af aan iemand nie. Ek behandel my naasbestaandes of kennisse nog met ou-skoolse etiket en maniere. 

Dit wys mos maar net weereens hoe word mense grootgemaak. Hoe ervaar die buitestanders van die menslike ras dit? 

Reusedwerg

  • 4

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, etiket? Ek kyk hier waar ek bly in Noordkaap, hier loop mans voor en vroue en kinders tou agterna. In sommige gevalle loop die vroue voor en die mans drentel agterna. Hierdie herinner my aan inheemse tradisies, meer as aan Europese etiket.

  • Ek gaan nie met jou veg nie, maar die Noord-Kaap is vir my in 'n ander land en dit is moer ver. Ek hoor wat jy sê. Etiket is verskillend vir elke persoon. Dit is soos mooigeit. Iemand is nie vir almal mooi nie.

  • Tiens Pretorius

    Wat seker vir baie mense asosiaal is, is die rook van dagga. Tog word dit sosiaal ook gedoen wanneer die manne in 'n kring sit en die pyp aan-pass. Maar ernstig wonder ek hoe staan die wet nou? Gaan daar plekke wees waar jy jou stopsels kan koop of moet jy dit noodwendig self kweek? Wanneer word al die regulasies uitgevaardig dat mens duidelikheid kan hê? Is daar asb iemand wat kan help?

  • Hans Richardt

    Sosiale vaardighede behels baie, bv om nie blatant te wees oor iets nie. Wat in sommige kringe aanvaar word, is 'n taboe in ander kringe. Meeste Afrikaners eet met mes en vurk en vee mond af met servet.
    In baie gemeenskappe word kombuis-opwasbak gebruik om hande in te was en dan word daar met die hand geëet, op gemeenskaplike manier, uit dieselfde kosbak. Vir my bietjie aardige storie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top