‘t kom maklik op, spontaan, by Homo Sapiens,
hunk’ring na kennis, Goed-en-Kwaad-verskil,
hoekom maak Mens, haatvol, mede-Mens laat,
hoekom stook “Duiwelspiek”-papsakpaparazzi,
onnodiglik kwaad, sit geloofsleiers, professore,
kommentatore, spinsangomas, etici, filosowe,
met hul bevlekte hanne in hul stinkvrot hare,
maak oorlog oor olie, gas, minerale, metale,
dank Vader, H²0 val nog so af en toe van bo,
onkunde-ontkenningskunde vloei eg ryklik,
deur Millennium Drie Homo Self-Destroyer,
-are, tot innie essensie van Mens-wees in
vernietiging van Self oorgeërf, aangeleer,
erfenis van voorouers, eg tradisioneel,
geneties, in hormone, gene, bloedselle,
roeping, geleentheid, kans, vir Mens,
mede-Mens, Naaste, ko-Aardbewoner,
afgryslikerwys uit t’buit, vol gate t’skiet,
voortdurend te laat kort skiet, hlopekha,
oop en bloot te laat suffereer, sokola,
nie uit inferioriteitsmentaliteit kan uit,
te lank nesse dier buitewyks, ingehok,
apart van alles wat goed en mooi is,
afgesonder, geïsoleer, half eenkant,
hier in Afrika, Eerste Mens se land
struktuurgeweld ultra-gewelddadig,
tot piekfyn fenomeen, sindroom,
superragfyn verfyn, geraffineer,
tot ‘n byna pseudo-perfektheid,
soos Parthenon voorheen was
Jacobus Faasen

