soos nimmer tevoor

  • 0

niks varser as Lewe-gewendheid van Energie,
Liefde vir Naaste, soos nog nooit, óóít tevoor,
Millennium Drie Mens’t mos genoeg Gewete,
Oorwinningslus, God tot Genade, via Gebed,
te smeek, te soebat, te pleit, aan te spoor:

“O, kanala, Allah, Mens, mede-Mens,
’t nou lank genoeg gestry, baklei,
mekaar, supervyandelik, vermy,
kinners soos selfmoordbomme,
Gewete-loos, Ewigheid toe t’stuur

Bring, Vader, end, aan sjatansvuur,
aan dié “Duiwelspiek”-dissipelskap,
onkunde-ontkenning, destruksie,
van Self, Millennium Drie Homo,
Sapiens Sapiens, eish, Mens,
Skepsel, Maaksel, Eie Kjend,
Vader, Breng u Wend,
Woza Moya, Jehowa,
Hamdrilah, inshAllah,
Bietjie van U G’na,
I mean”

kort Mens ’n Vrede, skietstilstand,
abrupt einde aan struktuurgeweld,
aan neo-“ras”-en-“klas”-agtig “-isme”,
aan sindroom van Self-destruktiwiteit,
wyse waarop Mens Mens Self vernietig,
stap-vir-stap einde maak aan Eie, Lewe,
niks agter wil laat, net na mag wil strewe,
prakties teorie van “Duiwelspiek”-ikoon,
toepas, sjatan, in hol vakuool laat woon,
lat Mens gewetenloos, so sonner Gewete,
soos ’n Mens buite beheer, verward, besete,
selfs nageslag onsensitief probeer beseer,
boosheid in samelewing nie weg wil keer,
soos ’n mot om ’n kers, al nader aan einde

praat party nog van ’Doel heilig enige middele’,
Mens verblind, doof, Gewete-loos, koekoenestelik,
onemosioneel, afgestomp, psigo-spiritueel onopgewas,
gedy onkunde-ontkenning, soos nog nimmer tevoor,
lyk’t of Mens Mens-Wees, Spiritueel heel wil verloor,
“Duiwelspiek” mos maar net ’n pleknaam, berg,
al raak struktuurgeweld, ultra-onhoudbaar, erg,
’n verdraaiing van Waarheid, ’n ontwyking,
van Geregtigheid, Lewe Twee, van Vryheid,
g’n kans op iets soos Gewete-herwinning,
as Mens nie Energie, Positief, wil benut,
Mens nie eie Gewete weer wil besit

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top