"Soos 'n lam" deur Nelius Boshoff

  • 0

Soos 'n lam

Die een helfte van my mond
was laas nag seerderig
in ’n spieël gaan soek ek rond
die flits na binne gelig
maar seerder as tandpyn
my stopsel gekwel deur stukkies kos
hierdie kloppende wete:
jy’t my nie lief nie
jy’t my nie lief nie
en my hart is onverlos.

Los of vas, ja, vas of los
daar spartel ’n lam hier in my hart se bos
ek sê dit is goed en ek sê dit is sleg
telkens in my kop dink ek dit weg
en ek sê dit is goed en ek sê dit is sleg
telkens in my kop dink ek dit reg.

Want ek sal jou duiwels vir jou doodmaak
jou engele se vlerke kam
net vir jou in die stilte wegraak
as jy my slag, saggies, soos ’n lam.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top