beleefdheid, respek, dissipline, toegeneentheid, empatie,
weet Mens nie mooi wat Mens, hier op Aarde, mis nie,
word kapitaal oppie spel geplaas, inderhaas, waaghalsig,
gretig, gulsig, roekeloos, kapitalisties, listig, vraatsig,
korrupsie tot superfyn metodiek verfyn, slinks, geslepe,
word mede-Mens, hulpbronverdelinggesinde, verdryf,
weggedryf uit paradigma, uit visie van ingebeddenes,
multi-media, NRO’s afhanklik van Lotto, staatsubsidies,
mede-Mens se mond word gesnoer, gewetenloos, kil,
niemand wil weet waarheen spoel hulle uitwerpsels,
wie probeer ’n wins maak uit alles wat verwerp word,
hoeveel spesies is uitgesonder vir uitsterf, laaste een,
hoekom kry logiese oorlewingspolitiek so min steun
so siek, Moederstad se Tafel, haar hoogste Piek,
tot eer en verheerliking van God se grootste vyand,
echo november, g’n versoening met sjatan moontlik,
hier in Goeie Hoop se Kaap, “Hotnots-Holhangerland”,
soos hulle op gospelstasie sê:”Ons is anie brand”,
al is hulle vir Gewete-herwinning lank innie tand,
“Duiwelspiek”-teologie ingeprent in hul verstand
mede-Mens wat Waarheid voorstaan, vermy hóm,
aanvaar nie sy vreemde vorm van neo-apartheid,
sy “Duiwelspiek”-theosofie, in ivoortoringsillabi,
in heiliges se veiligste heiligheid, gewetenloos,
bevorder hy Self-destruksie, stap vir stap,
filosofie van “Sjatanspiek”-onderdaanskap
Millennium Drie’s eintlik baie goeie tyd,
ontslae te raak van onkund’-ontkenning,
van “ras”-, “klas”-apartheid, mentaliteit,
van blieng-blieng, doefdoefdoef, eish,
ai, moeilik om te chill as Aarde so tril,
Mens voel hoe deterioreer atmosfeer,
hoe verdwyn een spesie na die ander,
hoe val Grieke, Romeine, Babilonië,
hoe vermeerder vrese, nagmerries,
resessies, depressies, protesaksies,
maar ondanks allie ultra-verdeeldheid,
bly Millennium Drie nog ’n goeie Tyd,
veral vir stryders van Oorlewingstryd
Jacobus Faasen

