“Sonsondergang” deur Eljeanie Wilke

  • 0

Sonsondergang

Die aande is leeg sonder die son
Het al lankal geloop
My hart en siel verkoop
En droom van die son
Wat nooit weer kom

Die lig breek skielik deur die wolke
Het geleer dis die son
Gee energie aan blomme
Die velde is groen
Die wind gesels saam
Die rots bly staan
Die kos is volop
Die re?n het gestop
Die donderweer slaan te seer

Vir elke dag is daar nag
Bly net wag
Bietjie-bietjie elke dag
Mos niks te veel
Maar net met vuur gespeel

Sonsteek het nie omgegee
Wou net leef
Wou net my plekkie in die son steel
Die sonsondergang probeer verstaan

Die son het vergaan
Hoe gaan ek bestaan
Die wêreld het ineengestort
Te gou grootgeword
Dae voel soos jare
Wie gee om sonder die son?

Chaos
Hardloop weg
Raai reg
Iewers gestrand
Son het uitgebrand

Dit was
Nie oukei nie
Beslis nie vir my nie

Dalk is dit net ’n droom
Wat my kom verwoes en by my spook
Hoe kan die son verdwyn
Net wegkwyn
Die mense het voorspel
Maande, dae al afgetel
Die son bietjie geleen
Om ook met vuur te speel
Versmoor in die rook
Verbrand uitgeput gaan lê om te slaap
Voor my uitgestaar
Begin aanvaar
Kyk vir die laaste keer na die eerste blom
Wat is my wêreld sonder die son?


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top