"Sonskyn oor herfsblare" deur Tyrone Quentin du Toit

  • 0

Preferred Band/Artist: The Soil
Geskryf vir: Alle kunstenaars

Ek sit hier en bewe
Ek lewe
Heeltemal in die verlede
Met gebroke gebede
Proe ek op my lippe die hede
Asof ons mekaar nog vashou
Verlief, heeltemal in vrede

Refrein:
Vir jou sal my hart altyd rou
Maar ek sal my kop op hou
Ek weet daar is ? einde aan elke tou
Dit was net altyd so ver
In daardie plek saam met jou
Ek sal onthou
Ek sal onthou
En diep in my hart
My arms om jou vou

Trane mag dalk val
Vir jou veral
Maar dit is die water wat die lewe voer
Met jou wat so deur my toer
Nog binne my loer
Als oproer, binne my hede
Verlief verlede
Heeltemal in vrede

Ek is sommer dagbreek beneuk
Als lyk bleek
Terwyl als binne my vassteek
Todat die son oor die horison breek
En jy sonskyn weer binne my kweek
En ek onthou
My arms om jou gevou

Die donkerte sal my nie swaai nie
My gevoelens sal my nie verraai nie
Ek sal nie weer daarheen draai nie
Nie na herfsblare en koue winters nie
Want dit het als verdwyn
Met jou, met jou
Sonskyn

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top