Vers 1:
Een woord beeldskoon en almal weet diamante kom van steenkool
Daar’s net een soort en ek jou beeld toon jy’s my pot goud aan die einde van my reënboog
Jou ware lig skyn wanneer die druppels stop se vir Hannsie en Griekie tel die krummels op
Pragtige smile en dans da nog jou dimples ook
Plus jy’s die rede hoekom my hart so simpel klop
Dit wat ek voel is groter as die atmosfeer liefde is n feeling en jy’t dit geaktiveer
As dinge te vinnig raak change ek af die gear
Jou hart kan voor inkom wat soek jy by die agterdeur
Dit wat ons het is tussen ons en niemand anders nie en in my oe sal verewig nooit te lank is nie
Jy’s perfek nes jy is eks nie gepla ooral jou skandes en eks liefde jou dis nie nodig dat jy bang is nie
Vers 2:
Sonskyn jy’s binne my
Daar’s donker wolke maar jy lat dit verdwyn en jy’s my mot so dans
Ek jou harlekyn en as die pyn omkom bring vir my nog van daai wyn
Jou sagte lippies is hoekom ek in die wolke is en jy’s my vars lig wat da vroeg in die more is eks so verlief Mens kan sweer dat dit ’n sonde is
Jy’s die eklipse van die maan wat in die donker rus
Ek het respek vir jou, daai’s my behavior
Die manier wat jy sagies soen, twinsaver en jy bring rustigheid net soos wit duiwe
Ek wil my vlerke spry en vir almal wys dat jy’s myne
Jy’t my verander soos niemand van tevore nie
Vir jou het woordeboeke nie eers genoeg woorde nie
En liefde kan blind wees maar ek hoop nie dit raak dower nie
Ek kort net vir jou want ek’t niks anders nodig nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

