soos een vannie meerderheid, domnooslik,
“Duiwelspiek”-gepeupel, supersubmissief,
wend Mens Mens nou tot Self-destruksie,
chrono-teleologies, nogal Millennium Drie,
verder, verder verwyder van mede-Mens,
al hoe nader aan klimaks, van Krisis Een,
aan verwydering van Gewete, uit Mens,
verbetering, uitbreiding, van struktuur,
van geweld, van ultra-gewetenloosheid,
onkunde-ontkenningskunde, olie-oorlog,
’s glo “gelowiges” wat so Gewete-loos glo,
koelbloedig voorgee dat Naaste onnodig is
Jacobus Faasen

