sonner Naaste-Liefde

  • 0

hele gemeenskap, God Weet, Mens,
inne tragi-komies-ironies tipe Krisis

missekien moet Mens maar, o, eish,
helemal hele situasie, omni-scenario,
Millennium Drie Spekkeltakelwerkery,
Self-bedrieglik Self-bedrog, -destruksie,
tot beroep, loopbaan, roeping, verfyn,
Mens, mede-Mens, Naaste, geeste,
belieg oor uitkoms, begeerlikheid,
wat Mens, Skepseliaans Sapiens,
Homo wat Self vernietig, uitwis,
nageslag, stam, eie, identiteit,
submissief aan sjatan oorlewer,
sy “Duiwelspiek”-aanbidding,
idee, lat Mens, Gewete, gee,
oorlewer aan vernedering, lis,
haat, moord, verkragting, lus,
woede, aantrekkingskrag, verleiding,
van roede vir vagina, sny vir roede,
seuns koelbloedig ‘n dogter verkrag,
haar as ‘n uitgewekene verag, minag,
hul Self reeds aan “Duiwelspiek”-ikoon,
aan sy demonies, onkunde-ontkenning,
struktuurgeweld, kil gewelddadigheid,
Self, mekaar, tot objek, item, verklaar

hele gemeenskap, in kollektief krisis,
miskien moet Mens’t mette groot “K”,
kapitalisties op haar naam noem, “klas”,
volgens haar voorafbepaald geslag, “ras”,
lat sy sjatan slaafs volg, pseudo-gelowig,
sjatan se “Duiwelspiek” as “korrek” verdedig,
lat Mens mede-Mens, voorouers, verhinder,
te deel innie stryd, versus struktuurgeweld,
versus Self-destruksie-sindroom, VIGS en TB,
versus onkunde-ontkenning, ontkenningskunde,
of Mens, aaire, oek hiesa, graag wil kapitaliseer,
hoofletter, nes vir “Krisis”, waarde bywerk, -voeg

Mens slaafs, soos slawe van ouds, ultra-submissief,
onbevrybaar, onverlosbaar, swaar sweet en swoeg,
g’n of minner waarde tot eie lewe, wil transformeer,
tot ervaring, belewing, toedeling, van sensorisasie,
Skepseliaansheid, Lewe Twee, Geregtigheid, Waar,
Waarheid van Geregtigheid, virrie hele meerderheid,
spesifiek, veral virrie Mens wie Self sal kan ontsjatan,
“Devilspeak” nie meer asse soort toortaal wil besig,
volgens demoon se duiwelsonderdanigheidsbeleid,
as sulks, glattie gat mis, begerig na, gat verlang

opreg gefokus op Reg, Reg van Geregtigheid,
Geregtigheid van Waarheid, Allah se Almag,
Jehowa se Krag, Jena se Heerlikheid, ja,
was Paradys mossie verniet in Afrika,
Skepper se G’na Sal Determineer,
wie begenadigd’, sal triomfeer,
in (Sy) Stryd, tussen mooi en lelik,
wie’s predeterministies bevoordeel,
kan via Sy Liefde begunstigd word,
agterrie kap van Sy Byl, Spiritueel,
te bid, t’loof en t’prys, lattie byle huil,
op Sý Tyd, Homo Sapiens Sapiens,
Millennium Drie-geletterde, skrik,
wakker skrik, Strydlustig, Skaar,
Mens skaar anie Waarheidskant

weet Mens nooit waar Gewete, Konsensie,
via submissiwiteit, slaafsheid, kan beland,
hoekom kapitaal so kapitalisties uitbrand,
aardverwarming in elke dorp, streek, land,
pseudo-gelowiges so ongeest’lik gestrand,
kwasi-demokraties, ondeursigtig, korrup,
slym, moela, sommer onner tafel deurglip

min gepla met allie historici, etici, kritici,
en minner m’t heel armstes onner armes,
of met enige aspek oor hulle se armoed,
onvergeeflik, absoluut onvergeefbaar, ja,
selfs hier, post-Jena, lank na Gondwana,
post-Paradyslik, onmenslik Gewete-loos

sal Skepper Sy Liefde Moet Oorlaat,
nalat Hy ontslae is van allie haat,
van allie koelbloedkwaad, Mens s’n,
superstruktuurgeweldgewelddadigheid,
surrogatief Self-destruksie-sindroom,
tottie asblik vannie geskied’nis verdoem,
lat Mens, mede-Mens, Naaste, kan begin,
“Begin” tot Projek verklaar, Weer, Nieu,
nouveau Hernuwing van Hernubaarheid,
a priories déjà vu Gewete-herwinning

sal Mens moet erken, Krisis is krities,
nog nimmer tevoor, nooit voorheen,
het spesie na spesie na spesie, net,
soos geheime dokumente, argiewe,
uit vorm vervorm, uit stof tot stof,
eenvoudig net uit realiteit verdwyn

Gewete frackinglik vergruis,
geloof aan oorlewing getoets,
slimstes se geniaal Oorwinning,
g’n niks minner fyn as piekfyn,
al issit nie demonstreerbaar,
nie terwyl “Duiwelspiek”,
allie anner pejoratiewe,
neo-rassistiese uitings,
Mens se inferioriteit,
minderwaardigheid,
Self-destruksie,
fiktief illusie,
illustreer,
wys:

sonnder Naaste-Liefde,
g’n sprake van “Liefde”,
nie eens naastenby

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top