pre-besinnend, pre-herwinnend, pre-meditatief,
staan Mens in lewensloopgraaf, Oorlewingsgerig,
al lyk Mens, Millennium Drie Homo Sapiens², eish,
nesse “wille Boesnot”, “Boslawu”, ja, “Kwerekwere”,
sonner weerstand teen “ras”, “klas”, “pseudo-mite”,
nes kapitaal se onkunde-ontkenningskundekenners,
submissief onner “Duiwelspiek”-dissipels se sjatan,
heerser van verleiding, magshebbelikheid, sadisme,
oorheerser van meerderheid, via sy struktuurgeweld,
Self-destruktiwiteitsindroom, minagting van Vader
Mens, minstens al vir millennia, kunjalo, nu,
ultra-onmenswaardig, vroeg-Millennium Drie,
super-ultra-Geweteloos, gewetenloos, gek,
in Vida Uno Kapitaal in, Mammon, haram
Jena-Belewing, Uitkoms, bevryding, awu,
Mens s’n, nie op agenda, in illuminati-plan,
Mens Self, sonner Gewete, so ongelowig,
vasgestrik in Self-destruksie, ai, magslus,
neo-kwasi-pseudo-bidderverloorstryd,
meer anti-God as anti-God-ikoon sjelf
Jacobus Faasen

