"Sonder Vuiste" deur Edrick Van der Merwe

  • 2

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Stadig stralend, soos lig deur die donker
Soms kry haat my, nog steeds onder
Wys my waarheid, en gee my rede
Weet my sonde is in my verlede

Brug:
Sonder gewete weet ek kan ons niks meer voel nie
Sonder ’n bietjie omgee kan ons niks opreg bedoel nie

Refrein:
Daar is ’n stryd oor my, sonder vuiste, sonder vuiste
Engele wat baklei oor my, sonder vuiste, sonder vuiste
Daar is ’n stryd in my, sonder vuiste, sonder vuiste

Vers 2:
Ek weet ek kan, slaap sonder vrees
Ek wens ons kan liefde met pille genees
Jy doen meer as, wat ons kan vra
Jy’t reeds die stryd in my bepaal

Brug:
Met Jou by my kan ek in my duiwels afstry
Ek weet waar ek staan met Jou sonder om op te hou

Refrein:
Daar is ’n stryd oor my, sonder vuiste, sonder vuiste
Engele wat baklei oor my, sonder vuiste, sonder vuiste
Daar is ’n stryd in my, sonder vuiste, sonder vuiste
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top