Sonder jou is ek niks nie
Ek kyk vanaand weer in jou oë
Maar ek skrik toe ek besef
Ek kan jou verloor
Want niemand sal ooit jou plek kan volstaan nie
So vanaand vat ek ’n kans
En sê
My skat jy’s als wat ek ooit wou hê
En ek wil nie ’n dag sonder jou wees nie
Wil nie asemhaal sonder dat ek weet jy’s hier nie
En ek wil nie ’n tree verder gee
As jou hand nie in myne is nie
So hou my net weer vas vanaand
En belowe my
Ek is vir altyd joune
Net joune
Jy kyk vanaand weer in my oë
En jy sê
My skat jy sal my nooit verloor nie
Want ek sal jou vashou tot die einde van die tyd
Want ek wil nie ’n dag sonder jou wees nie
Wil nie asemhaal sonder dat ek weet jy’s hier nie
En ek wil nie ’n tree verder gee
As jou hand nie in myne is nie
Want sonder jou
Sonder jou is ek niks nie
![]() |




Kommentaar
Waar kan ek die song download?
ITunes?