"Sonder jou" deur Dimitri Benting

  • 0

Sonder jou

Jy is soos ’n droom. Perfek in alle opsigte
Jy pas in my lewe soos rymwoorde in gedigte
Sonder jou is ek soos ’n brood sonder deeg
Sonder jou is die grootste part van my hart leeg

Jy is soos ’n ocean, mooi van buite en mooi van binne
Jy pas in my lewe, soos hoofletters pas in sinne
Sonder jou is ek soos ’n kompas sonder rigting
Sonder jou is ek soos ’n lighuis sonder beligting

(CHORUS)
Sonder jou ... maak my lewe nie saak nie
sonder jou ... is my lewe nie volmaak nie
Sonder jou ... is my siel verdeel in die helfte
ek hoop met al my hart dat jy voel dieselfde

(CHORUS)
Jy is soos ’n skildery, skoonheid en inspirasie om te aanskou
Jy pas in my lewe. Soos bakstene en sement pas by ’n gebou
Sonder jou is ek soos ’n satelliet sonder sein
Sonder jou is ek soos ’n alkoholis sonder wyn

Sonder jou sal my lewe niks beteken
Jy is die enigste persoon, wat my lewe kan bereken
Die enigste manier hoe ons die wêreld kan verstom
Is met jou hand in myne, dan sal ons saam die wêreld oorkom

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top