"Sonder Jou" deur Cara Pistorius

  • 0

Sonder Jou

Hierdie vier wit, spierwit, mure
lyk anders sonder jou hier
en ek voel steeds jou warm glimlag
in elke winter kaggelvuur
En ek wonder wanneer gaan die westewind
jou weer in my rigting waai

KOOR:
Daar waar die son saans gaan lê het jy vir my gesê
soos vinkel en koljander
kan een nie sonder die ander
helfte van sy hart nie
Daar waar die maan ondergaan sal ek vir jou bly wag
want ek en jy, soos rooibostee en suiker, pas

Ek hoor jou woorde oor en oor
eggo al met die gang langs
Ek sien jou silhoeët, in elke bietjie
sonlig se skaduwee
En ek wonder wanneer gaan die westewind
jou weer in my rigting waai

KOOR x2

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top