"Soms loop dinge skeef" deur Jacques Potgieter

  • 0

Soms loop dinge skeef

In ‘n oogwink toe was dit verby
Al wat nou oor is, is die stilte tussen jou en my
Ons het te veel van mekaar verwag
Dit was jou woorde aan my daardie dag

Werklikwaar jy was uniek!
Ek was ontsaglik mal oor jou
Ek was te stil, tydsaam, en so versigtig
Ek het jou ondoelbewus verloor

Ek was jou hartjie, jou konyn
Ek was jou soldaatjie, en selfs jou pikkewyn
Maar tyd stap aan en ek is dit nie meer
Ek wens so graag, so bitter graag
Ek kon nog een keer probeer

Vir weke was my hart in stukke
Vir al die weke se soene en drukke
Vir weke het ek elke dag gedans
Nou is dit net ek en my papnat kussing saans

Ek was jou hartjie, jou konyn
Ek was jou soldaatjie, en selfs jou pikkewyn
Maar tyd stap aan en ek is dit nie meer
Ek wens so graag, so bitter graag
Ek kon nog een keer probeer

Ek’t gedog ons twee pas
Onderstebo of selfs in ‘n tas
Maar soms loop dinge skeef
En hierdie gevoel
Wil ek nooit, ooit weer beleef

Ek was jou hartjie, jou konyn
Ek was jou soldaatjie, en selfs jou pikkewyn
Maar tyd stap aan  en ek is dit nie meer
Ek wens so graag, so bitter graag
Ek kon nog een keer probeer.

Maar soms loop dinge skeef
En hierdie gevoel
Wil ek nooit,
Wil ek nooit, ooit weer beleef ….
 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top