Soms

  • 1

Ek moet leer om sonder jou te lewe, sonder jou asem te haal, sonder jou te wees. Jy sien, jy was maar net altyd daar vir my. Jy was so deel van my lewe dat ek wragtag geglo het jy kan nie weggaan nie. 

En, all of a sudden is jy weg. Sommer net weg. Nie soos in "ek kom weer later" nie, jy is vir altyd en altyd weg. 
 
En soms, net soms, gaan soek ek na jou daar waar ek jou laaste gelos het en tot my skok is daar niks nie. Niks nie, behalwe 'n hopie grond met 'n kruis op wat lees: Rus in vrede.
 
Martha Poller

 
  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top