Die lang koue winter sal verdwyn
As die son sy strale deur die mis laat skyn
En die lig wat die donker straks laat kwyn
Sal ligvoets oor my dans
Die somerson sal die koue verslind
Die stof en koue sal weg waai in die wind
My siel sal weer blom soos ’n somers-kind
Want die lewe gee my nog ’n kans
Somerson kom voed my siel
Die winter het my gees verniel
Laat my lag
En laat my leef
Laat jou warmte aan my kleef
Warmer dae om te geniet
Daar is soveel wat die lewe my bied
Bring die warm
Wat jy my gee
Om elke bietjie koue heeltemal weg te vee

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

