Somer sonde sonder liefde
Leë woorde, akoestiek.
Gedagtes vir mekaar gefluister
die mure het geluister
Kan ons weer begin.
Ek het die donkermaan gaan roep
Gevra of hy haar vir my kan soek.
Want my hart is stukkend
soos ’n legkaart uitmekaar.
Daar’s iets wat my pla
vrae wat ek wil vra.
Koor
Somer sonde ek mis jou.
Somer nagte ek wag vir jou.
Vergewe my, maar vergeet
my nie.
Sonder liefde sonder jou.
Haar liefde vergiftig my
sy versmoor my hart.
Sy laat my kop bedrog pleeg.
My asem is net weg.
Die winter kom nog.
die koue nag.
Agter my is ’n dowwe spieëlbeeld
wat lag-lag sommer net lag.
Daar’s iets wat my pla
vrae wat ek wil vra.
Koor
![]() |



