"Solitaire" deur Annami Simon

  • 0

Solitaire

Wie het die spel begin
die kaarte só gedeel
wou ons mekaar oorwin
of wou ons net maar speel?
Die lyf is ’n dobbelmasjien
jou woorde was soos munte
Ek drink my vol van die vergeet
verbeel my ek is weg van die weet.

Al wat bly, is ek,
my kaarte en my glas
’n asjas in jou plek
en ’n hart wat nêrens pas
Die lyf is ’n dobbelmasjien
jou woorde was soos munte
Ek skink my glas
vol van die vergeet
verbeel my ek is weg van die weet.


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top