"Soldaat" deur Hyren Peterson

  • 0

Soldaat

Wapperend, my brose mortaliteit
Op daai reënerige aand in 1980
My drome neem my alweer ver
ver van alles en almal
Ver van ons
Soldaat, moes ek jou nie kon vertrou?
Met my liefde, my lewe, en alles tussenin?
Maar jy het weggeloop

Die spore van jou bedrog geëts op my hart
Jy het ver gestap op die droë dorre lande van my
Op soek na my oase
Maar niks te vinde, volgens jou
Jou oë was verblind deur die passievolle ritmes
van ander se begeerte
Sodat jy nie een keer gesien het dat ek die een vir jou was nie
Soldaat, hier hang ek nou, wapperend
op 'n reënerige aand in 1980
Vergete, maar vol liefde, vir jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top