Sogenaamde Reënboog-nasie

  • 4

Geagte meneer die President

Ek rig hierdie brief aan u met ’n spektrum van emosies, so baie deur kleur versterk dat ons sogenaamde "rainbow nation" maar vaal vir my voorkom, of is die realiteit?

Ek is gebore in 1992 en my straf daarvoor is dat mense dink die samelewing is ’n produk wat ek as 2-jarige aan skuldig is. Net soos enige ander kind vandag, het ek niks te doen met die verlede nie, en het verseker nie ’n bydraende hand gelewer in wat gebeur het nie! Dus voel dit vir my of ek eerder ’n produk is van ons huidige samelewing.

My rede vir hierdie stelling is dat ek nie een is wat ou koeie uit die sloot uit grawe nie, maar met die opgegrawenes moet saamleef. Op my kampus word daar vier nuwe koshuise gebou en die keuringvereistes vir al vier is dat mens swart moet wees. My vriende wat finalejaar-studente is swot al die jare al met beurse, maar ongelukkig is daar ’n hele paar van hulle wat nie hulle studies kan voltooi nie, omdat hulle beurse weggevat is en gegee is vir swart studente eerste. Ek is bevoorreg met ouers wat my finale jaar nog kan bekostig, maar wat van my werktoekoms met BEE?

Meneer die President ek weet nie of dit in julle kultuur ook so is dat die man die broodwinner van die huis moet wees nie, maar in my kultuur is dit inderdaad nog so! Die toekoms lyk baie bleek vir my vorentoe, as gevolg van ons BEE-stelsel, ’n wit man is laaste op die lys om ’n moontlike werk te kry. In hierdie sin wonder ek wat ons land in die toekoms gaan ervaar. Gaan my kinders kan sien dat in ons kultuur die man wel die broodwinner is, of gaan ek nie die geleentheid kry om dit aan hulle oor te dra nie? "Grants" word slegs aan swart mense gegee, maar volgens die sensusopname is ons land oorbevolk en kan die kragsentrale nie meer by hou, by die styging nie. Behuising is selfs ’n probleem, en nietemin die belastingbetalers! Is dit die regte ding om mense te vergoed in so ’n situasie, waar ander Derdewêreldlande soos China mense beboet in sulke gevalle? Is hierdie nie dalk ’n herhaling van ons verlede waarop ons so sterk gekritiseer is nie? Is hierdie dalk nie die moontlike redes wat ons progressie net terug hou nie?

In my daaglikse lewe sien ek stede wat van name verander, dominees wat van geloof verander, en patriotte wat van land verander. Die toekoms wat ek in my land sien het nie meer geleenthede en vryheid nie.

Meneer die President, is ons nog ’n reënboog-nasie?

FC van der Merwe

  • 4

Kommentaar

  • Die laaste en enigste reënboognasie het skielik ontstaan gedurende die konstruksiewerk aan die toring van Babel en direk daarna het hulle gaan vestig in onderskeie gebiede, elkeen volgens sy taal.

  • Dag FC. Ek moet erken ek het daai goed omtrent heeltemal vergeet al. Die ouens wat vars hier land van daai gemors af praat ook nie juis lank daaroor nie, hulle raak gou-gou besig met hul nuwe lewe en vergeet al daai kak.

    Behalwe die wie nie hier toegelaat word nie, vir hulle is die NSA skielik net te wonderlik en Oz iets vreeslik.

    Groete uit Australië.

    Duitswester

  • Dag Duitswester.

    Ek stem honderd persent saam! Is Australië nie dalk n beter uitweg vorentoe nie, ek kyk al lank na so opsie? In my geval word ons daagliks herhinder om oor ons skouers te kyk na wat fout gegaan het, terwyl ons met 'n lat oor die vingers getik word.

     Maar soos jy sê "die wie nie hier toegelaat word nie, vir hulle is die NSA skielik net te wonderlik en Oz iets vreeslik."

    Groete

    FC

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top