"Soektog na myself" deur Peetjan du Plessis

  • 0

Soektog na myself

Het verdwaal langs die pad
oranje hoof, brein
By die wildtuin van my hart
lê Pretoria se lyk onseker verspreid
Flikkerende visie, hoe kom mens hier uit?

Melkman se missie, sigbare elisie
Tonnel deur my oë, sien my kondisie
Toor met my spoor, help my verloor

Hou my hand, die sandman stoor stof en sand, gaar glas
Brand sodat ek diep kan delf
hou my hand op die soektog na myself

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top