Soek my by 'n ander plek
Daar is ? kus wat wag
met my naam in sy sand
? Boot in sy waters
en ? spaan vir my hand
As die donker vlug
nog voor die see die son uitspoeg
roei ek myself na ? ander plek
Of ek daarvan hou of nie, dis nuut
Of ek daarvan hou of nie, dis eg
Ek is seker, nog nie dood nie, maar seker
daar is ? eiland wat wag
met modder vir my spore en ? grot vir my lag
Voor die sterre skemer inskiet (skiet vir my wense)
vind ek myself by hierdie plek
Ek dink ek hou hiervan, dis nuut
Ek hou hiervan, dis eg
REFREIN:
In die eenvoud van elke dag raak ek verlore
tussen gedagtes en tussen woorde
Maar as ? miljoen stemme my terugroep
dan wens ek ek kan vlug
Vlug na ? ander plek
O, dan wens ek
Langs strome en waters af
vind ek ? stad
Met strate, met name en ligte aan pale
Voor ek hier verlaat vanaand
daar’s ? gebou wat met deure oopstaan
Dis my plek wat wag, ek moet net ingaan
REFREIN
BRUG (x2):
Na so ? nag moet ek seker wakker word
Ek verstaan myself beter vandag
Maar moet seker, ek moet seker terugkeer
REFREIN
Die plek waaraan die son eerste raak
Die plek wat die maan laaste verlaat
Dit wag vir my
Ek moet net gaan
Ek moet net gaan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


