So lank jou hart klop
Verse 1
Ek loop in stilte, op na die bulte waar my drome le.
Ek steek ? kers aan, vir die wat weg is en vir die wat nog drome het
Ons almal loop ? lyn, partykeer ? bietjie fyn, partykeer met ? bietjie pyn
REFREIN:
Maar so lank jou hart klop
en jou bloed vloei
kan niks jou stop
Kan niks jou omkry, niks jou omkry (x2)
Ek kyk na die lig, die warmte op my gesig en laat dit alles insink
Ek voel die koelte in die water, maak oop al my kaarte wat ek nog het
Ons loop ? pad, partykeer ? bietjie lank, partykeer ? bietjie opdraand
REFREIN
BRUG:
En selfs in die diepste donker, is daar altyd ? gat waar die lig deur skyn (x2)
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


