Mens bai’ na, aan Self-ontbloot, koelbloedig Self d’gradeer,
eie, Eie, struktuurg’weldsapokalipties, hlopekhalik wil lat ly,
“Duiwelspiek”-wetenskaplik, na sjatans wil, domnooslik bly,
Self na jol-rolmodel, zuperbliengeliengery, herfatsoeneer
Millennium Drie Mens, YouTube-lik geil, wys hoe Mens ytdraai,
geld soos vyand se bloed lat vloei, oorlogslus opvlam, ontdooi,
nag’slag via voorouers v’rraai, struktuurgeweldsreis onvoltooi,
Homo Sapiens Sapiens, ultra-onwaardig, spiritueel nie so fraai
g’skied’nis, van g’lyk’nis, murg, pit, kern, vannie v’rhaal,
boses sien nog kans, varkuitwerpselry as goud op t’dis,
dui’t aan, hoe on-Menslik, Gewete-loos, Mens werklik is
wil Naaste, mede-Mens, Self-destruksie Self ervaar,
Kro-H2O, bo-, onnergronds, nes /Xam-storie v’rgaan,
Mens alle hoop, op Goeie Hoop, o Allah, net lat gaan
Jacobus Faasen

