"So baie sangers" deur Jan Lubbe

  • 0

So baie sangers

So baie sangers
‘n Lied vir elke smaak
So baie woorde
wat my hart se snare raak

So baie sangers
te veel om hier te noem
Net ‘n paar kan besing word
net enkeles se roem

Koos Dup se diepe liedjies
spreek so baie van ons aan
Sy gebed so vol genade
dit laat ons aangedaan

Wie ken nie Laurika se
Groete aan Mannetjies Roux?
Steve se eie Blou Bul-ode
laat jou egte rugbykoors proe

Lucas, dié sou kon doen
so sê hy, met ‘n miljoen
En êrens sing Doris Brasch van
‘n lappop en stukkend skoen

Rina sing van die seewind
Coenie weer oor die Karoo
Carika skep kinderkarakters
waarin jy regtig moet glo

Kurt se skip en kaptein
span seile vir ons reis
Dan hoor jy staccato klanke
Lisa se klavier deur Kombuis

Bobby se spieëltjie, spieëltjie
waaroor almal altyd gons
Bles se vele minnesange
laat vroue se harte bons

De la Rey, De la Rey
sing ene Bok van Blerk
‘n Heel meesleurende wysie
maar beslis nie vir die kerk

So baie sangers
‘n Lied vir elke smaak
So baie woorde
wat my hart se snare raak

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top