SêNet-kompetisie: Johannes Kerkorrel – 10 jaar van onthou

  • 1

Beste SêNetters

Vandag 10 jaar gelede, die middag van 12 November 2002,  is die lyk van Johannes Kerkorrel by die Botriviervallei buite Kleinmond gevind. Sy selfmoord het ’n skokgolf deur die Suid-Afrikaanse kultuurbedryf gestuur. Mense het getreur. Mense het geskryf oor hom, oor die miskenning van ons groot Suid-Afrikaanse kunstenaars. Mense het weer en weer na sy songs geluister. Lank lewe Ralph Rabie! Lank lewe Johannes Kerkorrel!

Onthou jy nog?  Lees hier van die huldeblyke en briewe wat in dié tyd op LitNet verskyn het.

Uit eerbetoon aan hierdie groot stem en ikoon, bied LitNet aan twee lesers  die geleentheid om ’n kopie van Willem Pretorius se Kerkorrel te wen. Hierdie biografie is reeds uit druk, so gebruik hierdie geleentheid om dit by jou versameling te voeg.

Die opdrag is eenvoudig.  Skryf ’n brief met Johannes Kerkorrel as tema.  Hoe onthou jy hom? Wat beteken sy musiek vandag? Stuur jou brief aan [email protected]. Onthou om jou volledige naam en adres by te voeg, selfs indien jy verkies dat die brief onder ’n skuilnaam verskyn.

Sluitingsdatum:  30 November 2012

Ek sien uit na die briewe!

Groetnis

NaomiB

  • 1

Kommentaar

  • my seun, my seun...

    hoekom het jy ons verlaat?
     
    my broer, my broer....
    was die pad te lank?
     
    my vader, my vader...
    die liefde is vir ewig!
     
    my vriend, my vriend...
    ek dink ek verstaan tog!
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top