SêNet die superblog

  • 1

Ek gaan wandel toe nou die dag daar op die blogs rond nadat ek die twee of drie nuwe SêNet-briewe gelees het en wat ’n frustrasie. Die menings en kommentare daarop is interessant maar dit verg hewige navigasie. As mens genoeg gehad het van A en sy maatjies se menings moet jy eers deur B, C ens se werwe loop voordat jy by J of K kom waar daar weer iets interessants bespreek word. Dit is soos om koerant te lees deur ’n toiletrolstronk (wat noem mens daardie buisie?), baie eendimensioneel sal ek dit noem, of soos om in stikdonkerte met ’n flits wat ’n klein kolletjie gooi na iets in die skuur te gaan soek.

SêNet, toe hy nog op sy stukke was, het daardie probleem oorkom. Al die deelnemers se name was oop en bloot en jy het al geweet wie vir jou interessant was en dan daardie bydraes gelees. Daar was ouens wat politieke menings gegee het, ander wat interessante persoonlike staaltjies vertel het ens ens , as't ware ’n klomp blogs op een plek. Daar is min werwe wat so werk; een of twee wat ek gereeld besoek maar dis wat mens kan noem spesialis-werwe soos wiskunde of tuinbou.

Dit is jammer dat SêNet wat ’n formaat gehad het waarna ander kon strewe nou ’n stap terug geneem het en bedryf word soos dié wat nie eintlik werk nie. Dit wás ’n superblog.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Ek stem saam,baiemaal is ek nie lus om deur hope snert te "wade" op soek na iets leesbaar nie en los dan liewer en doen iets anders.

    Jy daar Webvoet?      Webvoet?

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top