Jy sien, in Gauteng het mense veneer. Ek het so gedink, ’n paar jaar en dan kamp ek en die vrou in Karoo in my tent. Sy was toe haastig en het opgedruk om na ’n paar maande te gaan kamp daar. Afsondering en eenvoud het veneer gestroop. Toe ek werfhoenders uit klein hok los en die hane hulle “pecking order” doen, was daar vir my gesê dat daar te veel “base” en geen “klaas” op werf was nie. Wel, in ’n verhouding is net 2 gelyke partye en nie baas met klaas nie. As vry man, het ek besluit dis ’n doodloopstraat, waaruit ek onmiddellik omdraai en wegloop. Op my leeftyd hoef ek nie in ’n erotiese bankrot verhouding te sit nie en wag vir emosionele en finansiële bankrotskap in ’n verhouding van “vriendskap” tussen “baas en klaas”.
Hans Richardt

