"Smag" deur Jako Meyer

  • 0

Smag

My kultuur in liriek
word stadig so verstryk
in stof tot stof
word die fakkel aangegryp.

In Totius se stad
strooi die lente sy hoop,
niemand skryf met mening
almal kots van die stroop.

Ek skryf vir myself,
ek skryf wat ek voel
welkom by die vleispaleis,
kom sny ’n stuk van die koek..

Die stories en die stemme
maak my sielsbleek en naar,
sonder voete op die remme
maak almal my gaar.

Ek smag na alles en myself,
Ek smag na gesprekke wat nie te diep delf,
Ek smag na ’n lewe in die normale,
Ek smag na jou en alles behalwe..

Alles skud-skud oral rond
Elke oog soek sy pond,
Waarvan praat jy ou seun?
Hou jou hand voor jou mond!

O die vuur wat brand,
o die wyn in my hand,
die geraas in my siel
kan net jy verniel.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top