fiasko, chaos, wanorde, amm’l ewe b’nadeel,
Homo Sapiens lief, v’r vuil Self-d’struksie-hel,
heel liefste, struktuurg’weldspel voluit t’speel,
Lewe Een, Aardl’ng, Krisis, krities, als nie wel
aysh, sonn’r ’n sweempie, fyn, v’n mensl’kheid,
aanhoud’nd, “Ann’r” yt t’rangeer, via apartheid,
g’wet’nloos mede-Mens t’d’gradeer, kil uit t’wis,
selfs voor t’gee, lat “Ann’r” nu glattie ’n Mens is
Paradys-produk, Skepp’rskeps’l, jikelezaïsties,
Self-aan-sjatan-submissiveer, siel-’n-al, klinies,
onkund’-ontkenn’ng tot wet’nskap promoveer,
Millennium Drie Homo zero yt Historie w’l leer
kanti, nes TV-promosie: Nomm’r Een, G’wete-herwinn’ng,
Help Vad’r, slegs dié, wie fokus, op slimste se oorwinn’ng
Jacobus Faasen

