"Slapelose nagte" deur Ricardo Jacobs

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Kyk hoe blink die sterre in die boonste hemelruim
‘n liedjie in my binneste laat die donkerte verdwyn
Ek praat in my gedagte en ek dink aan al die pyn
Tel die skape een vir een want hul spring hier in my brein
Klaas vaakie is vermis so daars geen sand meer vir my
Sal alles oor gee om so bietjie slapies in te kry
Lees my net een storie streel jo vingers deer my hare
Vryf my ore leker warm sodat ek drome kan ervare
Vat my weg met “lullaby’s” en met note baie sag
Speel ‘n fliek tot dat my ogies val in die diepte van die nag

Chorus
Ek het slapelose nagte in midder nagse uur
En ek dink aan al die dinge 
Die pyn en die plesier
Ek het slapelose nagte in die midder nagse uur
En ek dink aan my en jou langs die warm brandende vuur

Vers2
Stories van soldate ‘n prins en sy prinses
Bloed vloei deer my are elke mens leer mos sy les
Drome nie te vinde my oë teen die plafon
Maak diere met my skadu van ‘n voel tot by ‘n hond
Ai ek wens ek kan net slapies en met kwyl loop uit my mond
Slapelose nagte dit is wat die lewe bring
Die lewe is n mooie lied wat ons almal nie kan sing
So lees my net een storie streel jou vingers deer my hare
Vryf my ore leker warm sodat ek drome kan ervare
Vat my weg met “lullaby’s” en note baie sag
Speel ‘n fliek totdat my ogies val in die diepte van die nag

Chorus

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top