slagoff’rkrete

  • 0

toepas, sosio-int’greer, v’n “ras”, “klas”, ’s onvanpas,
via genetika, genealogie, statistieke, v’rkeerd b’wys,
Verifieerbaarheidsweg, trip-enne-half, ’n lew’nsreis,
as Waarheid, Vrede, G’regt’gheid, maar skeibaar was

staat Millennium Drie Mens, nog meer as ooit v’rward,
toet’ntaal onb’wus v’n Guantanamobaai-inwon’rsmart,
Mens paloekiaans, Self-d’struktief, eie Godheid uittart,
v’n mensl’kheid, waard’gheid, zero pr’sensie innie hart

opsluit opg’sluit in argiefkluis, tronk, lesse ytie v’rlede,
hoe Mens probeer, hanne-vol-bloed, g’voel t’b’sweer,
struktuurg’welddad’gheid, oorlog, omtrent omstrede

post-onkund’-ontkenn’ng togge kans, v’r G’wete,
Mens kan iets wet’nskapl’k yt histories storie leer,
ytie ghetto eggo, weersinwekk’nd, slagoff’rkrete

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top