Soos in my gelukwensing aan Lindiwe Mazibuku met haar aanstelling as DA parlementêre leier, het ek genoem die gekkegrens gaan probeer om propagandiese munt te slaan met haar aanstelling, en hier het ek spesifiek Anton Barnard in gedagte gehad, en sowaar daar doen hy dit met sy brief “ANC-vinkel en DA-koljander”.
Hierdie Praag-virus het by herhaling gesê dat die DA is die Afrikaner se grootste vyand. Nou wil hy met besorgdheid vir die DA voorskryf wat hulle nie moes gedoen het nie, nl ’n swart vrou as parlementêre leier te verkies het.
Hy vergelyk Lindiwe negatief met Van Zyl Slabbert (laasgenoemde wat hy in die verlede als Afrikaner verraaier en joiner geëtiketteer het), en verkwalik die DA met haar aanstelling. Die keer verhemel hy Van Zyl, en sê Lindiwe se intellek is minderwaardig aan syne, selfs ook minder as ander DA-lede s’n. Hy bevraagteken ook of haar verkiesing demokraties geskied het (50 vir 33 teen).
Maak nie saak wie als DA parlementêre leier gekies sou gewees het nie, sou hy propagandiese kritiek gelewer het.
Maar dan wie is hy om te praat. Sy profeet Rooi Daantjie is nie eers demokraties gekies nie, hy is ’n selfaangestelde outokraat van Praag. Hy het ook blykbaar vergeet dat na die DA die meerderheid Afrikaner-kieserskorps gekaap het, hy gesê hy gaan vervolgens ANC stem. Dit laat my wonder of hy aan Malema se “march” ook deelgeneem het.
’n Geval van ANC-vinkel en Praag-koljander.
Darem ’n brokkie goeie nuus. Ek sien op Praag dat beide Anton en Rooi Daantjie se leser trefslae die afgelope klompie maande drasties afgeneem het. Anton sukkel om ’n gemiddeld van 300 te handhaaf, en Rooi Daantjie 400.
Moontlik is die Praag-virus besig om homself te vernietig.
Jaco Fourie

