"Skyn op my" deur Jaydee Belelie

  • 0

Ek het haar gesien, trots onbereikbaar vêr
Gewonder wie wat sy werklik is
Indrukwekkend soos die helderste ster
My oë het op haar bly rus

Die nag was my gedagtes stergevul
’n Hele sonnestelsel in sy geheel
Dit glinster , vonkel en glans
My gemoed wil nie stil

O’ Skyn op my, skyn op my
Laat ek op jou strale vly
O’ Skyn op my, skyn op my
Laat my hart , my hart verbly

Besonder fel was my aanslag,
Maar heelwat beter die verdediging
Sy was op alles bedag as sy skalks lag
Nouer die kring , niks ge-uitwring

Hier sien jul nou die resultaat
Wees maar kwaad maar julle is te laat
Sal haar altyd aan my sy hê
Hier waar sy nou by my lê.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top